Die aftreeoord bestaan uit 50 ruim woonstelle op grondvlak en op die eerste vloer. Elke eenheid bestaan uit ‘n kombuis, woonkamer, badkamer (met ‘n bad of stort) en een of twee slaapkamers. Die woonstelle front almal noord en word deur goed versorgde tuine omring. Lewenslange okkupasiereg word verkoop.
Een hoofete per dag, wat as verpligtend beskou word, word saam met die inwoners van die Tuiste in die opgegradeerde eetsaal genuttig.
Inwoners van die aftreeoord moet nog heeltemal selfstandig kan funksioneer, maar ‘n nooddiens wat deur verpleegkundiges gelewer word, is op aanvraag beskikbaar. ‘n Noodknoppie word vir hierdie doel aan elke inwoner verskaf.
Inwoners kan ook op gesette tye van die dienste van ‘n geregistreerde verpleegkundige gebruik maak om bloeddruk- en bloedsuikerlesings te neem en wonde te behandel.
Alle geriewe in die Tuiste, die bywoning van sosiale funksies en aktiwiteite is tot die beskikking van die inwoners van die aftreeoord.
Eenslaapkamer Woonstel
- Lewensreg, 80% terugbetaalbaar
- 45 vierkante meter
- Sluit in een maaltyd per dag in die hoofsaal
Tweeslaapkamer Woonstel
- Lewensreg, 80% terugbetaalbaar
- 75 vierkante meter
- Sluit in een maaltyd per dag in die hoofsaal
Enkel-sowel as dubbelwoonstelle
- 3 maaltye per dag word ingesluit
- Skoonmaak en wasgoeddienste ook ingesluit
- Beperkte verpleegdienste ook beskikbaar