Fasiliteite en dienste

Die kompleks is langs Conradlaan, naby die kruising met Jan Smutslaan en die Braamfonteinspruit, en is die meeste groot mediese fasiliteite soos Sandton Medikliniek, Olivedale en Wilgespruit hospitale is binne bereik. Die naaste inkopiesentrum is slegs een kilometer ver en twee maal per week word vervoer om die beurt daarheen en na Brightwater Commons voorsien.

‘n Voltydse maatskaplike werker is in diens van die Tuiste en bied ondersteuningsdienste aan die inwoners sowel as hul families. Sosiale aktiwiteite word ook deur haar gereël en sy poog so ver moontlik om die inwoners daarby in te skakel om hul intellektuele, fisiese en sosiale funksionering te bevorder.

Die dienste van fisio- en arbeidsterapeute en ‘n algemene praktisyn moet deur die inwoner self of sy/haar familie gereёl word, maar daar is in die nabye omgewing sodanige professionele persone beskikbaar om by die Tuiste dienste te kom lewer.

‘n Opgeleide podiater/voetkundige besoek die Tuiste elke 6 weke en twee haarkappers kan vir drie dae van die week in die goed toegeruste haarsalon besoek word.