Tariewe

Aftreeoord: Die pryse van die woonstelle wissel tans tussen R280 000 en R660 000. Motorhuise en afdakke kan addisioneel aangekoop word.

Die billike maandelikse heffing wat water- en elektrisiteitsverbruik insluit, wissel tans tussen

R1 120 vir eenslaapkamerwoonstelle met een inwoner en R1 455 vir tweeslaapkamer- woonstelle met twee inwoners. Die daaglikse hoofete kos R725 per persoon per maand.

Woonstelle in Tuiste: Tans R10 455 en R11 925 per maand insluitende beperkte verpleegtoesig waar nodig. (Etes, wasgoed- en skoonmaakdienste is ingesluit.)

 Semisorgafdeling: Tussen R8 455 en R10 595 per maand (bogenoemde dienste plus beperkte verpleeghulp is ingesluit).

 Sorgafdeling: Tussen R10 130 en R12 630 per maand.

‘n Nie-terugbetaalbare administrasiebedrag van R3 000 is eenmalig betaalbaar.

 Die Tuiste voldoen aan alle munisipale, gesondheids- en veiligheidstandaarde en aan tersaaklike wetgewing, en gereelde inspeksies word in dié verband gedoen.

rates-from-1-april-2016