Sorgeenheid

 

Die Sorgafdeling bestaan uit kamers van verskillende groottes, asook sale met 5-8 persone vir die versorging van erg verswakte bejaardes, en sorg vir persone wat herstel na ‘n operasie of siekbed. Die sorg afdeling bied ook verblyf aan verswakte bejaardes wat kort termyn akkomodasie benodig.

‘n Sonkamer en ruim eetkamer bied ook die geleentheid vir ontspanning, asook vir verskeie aktiwiteite. Die eetkamer bied toegang tot ‘n groot stoep/patio asook ‘n gedeelte van die tuin waar inwoners wat aan demensie ly rustig kan stap sonder om te verdwaal.

Die diensstasie vir die verpleegkundiges is geleё by die ingang van die sorgafdeling, en is dus toeganklik vir inwoners sowel as hul besoekers.   In die sorgafdeling kan inwoners op verpleeghulp staatmaak vir al hul daaglikse aktiwiteite, selfs wanneer die persoon alle mobiliteit verloor het. Stimulerende aktiwiteite word gereeld in hierdie afdeling aangebied.

Save