Bestuur

BESTUUR EN BEHEER: Die Bestuursraad wat in beheer van die kompleks is, bestaan uit ‘n groep toegewyde, professionele en kundige persone wat toesien dat hoëgehalteversorging deurlopend gewaarborg word. Onder hierdie raad se leiding spog die Tuiste, ná ‘n omvattende opgraderingsproses in 2015, met ‘n vars, moderne en gesellige voorkoms.