Semisorg

Die semisorgafdeling bestaan uit kamers van verskillende groottes, almal met hul eie badkamers. Pragtige sonkamers met groot vensters en glasdeure verskaf ruimte vir ontspanning, sowel as toegang tot die tuin en wandelpaadjies. Kleiner eetkamers maak dit vir inwoners wat nie ver kan loop nie moontlik om naby hul kamers hul etes te kan geniet.

Die verpleegsusters se diensstasie is geleё in die middel van die semisorgafdeling, en ‘n aparte dokterskamer word vir tuisbesoeke deur die algemene praktisyn gebruik. In die semi-sorgafdeling word alle medikasie deur verpleegkundiges toegedien, en verpleeghulpe is beskikbaar om inwoners te help bad, wonde te versorg en algemene hulp en toesig te bied.

Etes, skoonmaak- en wasgoeddiens word in die maandelikse bedag ingesluit.