Gemeenskap

Vrywilligers is gereeld betrokke by die verskeie aktiwiteite wat meer kleur aan die bejaardes se dae verleen en bydra tot die Tuiste se toewyding aan die beginsel van ‘aktiewe veroudering.’

Die inwoners is bevoorreg dat die kerklike gemeenskap op meer as een wyse by hulle betrokke is. Bidure word weekliks, behalwe gedurende skoolvakansies, deur die leraars van die plaaslike omliggende gemeentes van verskillende denominasies aangebied. Hulle vrywilligers roteer maandeliks om ‘n oggendtee met heerlike eetgoed en musiekoptrede deur ‘n kunstenaar of groep aan te bied.

  • Verdere aktiwiteite behels die volgende:
  • Bybelstudie aangebied deur die inwoners self.
  • Weeklikse geleentheid om lekker saam te sing.
  • Weeklikse musiekwaarderingsmiddae.
  • Gespreksgroepe waartydens nuus- en ander sake van die dag bespreek word.
  • Letterkunde- en poŃ‘sievoorlesings.
  • Gereelde oefengroepe en verskeie speletjies.
  • Filmvertonings.
  • ‘n Snoepwinkel wat deur vrywilligers beman word, is een maal per week in die Tuiste oop.

Lentedag, Kersfees- en ander geleentheidsvierings.

Die provinsiale biblioteek lewer gereeld boeke af en die Tuiste beskik oor ‘n pragtig toegeruste biblioteek waar inwoners hulle eie keuse van leesstof kan maak.

Gesellige maandelikse geleenthede vir die inwoners van die aftreeoord om saam te kuier, op uitstappies te gaan en mooi items te maak.