Silwerskerm fees

Op die 19e Oktober het ‘n paar bekende filmsterre uit van die bekendste ou films hul verskying op die loopplank by Ekklesiapark Tuiste gemaak.

Na ‘n heerlike ete het Charlie Chaplin, (Sam Steenkamp),  Marily Monroe, (Kitty Rider),  Clint Eastwood, (Marius Fourie) en vele ander roemrykes hul
kenmerkende kostuums aangetrek en op maat van die musiek van die begaafde pianis,  Chris Forrester, die saal onder luide toejuiging, en onder ‘n hemel
van helder sterretjies binnegetree/  gewals/  op ‘n motorfiets binnegery!

Sylvia Atkinson het as seremoniemeester opgetree en die gedagtes ver laat teruggaan met feite en interessantehede oor films soos “Sound of Music”, ‘
My Fair lady’,   “Dr Zhivago” en ander.   Ons eie Madiba het die wereldbeker omhooggehou en saamgesing op “Hier kom die Bokke”en daarna “Nkosi’Sikhilele
Afrika”

Die inwoners en sommige van hulle kinders het die aand terdee geniet, en kan nie wag om ‘n eksemplaar van die DVD te bekom nie.

Handtekeninge van die rolprentsterre kan teen ‘n geringe bedraggie ook aangestuur word!

Save

Save