Ekklesiapark Flora

TUIN EN WANDELPAAIE

Tydens die opgradering van die Tuiste is die tuine om die geboue deur ‘n landskapfirma geheel nuut uitgelê en beplant. Die standhoudende boorgat en besproeiingstelsel het dit moontlik gemaak om selfs tydens die erge droogte die tuine binne maande in ‘n lushof te omskep. Pragtige, geplaveide paadjies tussen en om die verskillende dele van die gebou bied die inwoners die geleentheid om in ‘n veilige omgewing (met of sonder hulp) te kan stap om fiks te bly. Bankies is op verskeie plekke op die goedversorgde grasperke geplaas. Inwoners kan hier uitrus en onder andere die verbasende verskeidenheid voëls dophou.

 

 

Save