In ‘n boomryke omgewing het die Tuiste reeds op 19 Oktober 1968 as ‘n projek van die destydse Diens van Barmhartigheid van die NG Kerk tot stand gekom. Dit funksioneer ná 45 jaar steeds onder die toesig van Tutela, die barmhartigheidsarm van dié kerk.