Die semisorgafdeling bestaan uit kamers van verskillende groottes, almal met hul eie badkamers. Pragtige sonkamers met groot vensters en glasdeure verskaf ruimte vir ontspanning, sowel as toegang tot die tuin en wandelpaadjies. Kleiner eetkamers maak dit vir inwoners wat nie ver kan loop nie moontlik om naby hul kamers hul etes te kan geniet. Etes, skoonmaak- en wasgoeddiens word in die maandelikse bedag ingesluit.

Die verpleegsusters se diensstasie is geleё in die middel van die semisorgafdeling, en ‘n aparte dokterskamer word vir tuisbesoeke deur die algemene praktisyn gebruik. In die semi-sorgafdeling word alle medikasie deur verpleegkundiges toegedien, en verpleeghulpe is beskikbaar om inwoners te help bad, wonde te versorg en algemene hulp en toesig te bied.

Enkele woonstelle in die hoofgebou is beskikbaar vir persone wat steeds redelik onafhanklik wil wees, maar toegang verlang tot dieselfde dienste as dié wat in die Tuiste voorsien word. Hierdie sonnige eenhede sluit in eenpersoonswoonstelle met ‘n woon-/slaapkamer sowel as woonstelle met ‘n woon- en aparte ruim slaapklamer. Al die woonstelle het ‘n badkamer en ‘n deurloopkombuisie. Die maandelikse bedrag vir die woonstelle sluit in drie etes per dag, skoonmaak- en wasgoeddienste en beperkte daaglikse verpleegsorg. Saans kan tee en toebroodjies op aanvraag voorsien word.

Mandelikse huur R11 290 – R14 150

previous arrow
next arrow
previous arrownext arrow
Shadow
Slider

[/mp_span]