Verdere aktiwiteite behels die volgende:
Die provinsiale biblioteek lewer gereeld boeke af en die Tuiste beskik oor ‘n pragtig toegeruste biblioteek waar inwoners hulle eie keuse van leesstof kan maak.
Gesellige maandelikse geleenthede vir die inwoners van die aftreeoord om saam te kuier, op uitstappies te gaan en mooi items te maak.
Weeklikse geleentheid om lekker saam te sing.
Weeklikse musiekwaarderingsmiddae.
Gespreksgroepe waartydens nuus- en ander sake van die dag bespreek word.
Letterkunde- en poёsievoorlesings.
Gereelde oefengroepe en verskeie speletjies.
Filmvertonings.
‘n Snoepwinkel wat deur vrywilligers beman word, is een maal per week in die Tuiste oop.
Lentedag, Kersfees- en ander geleentheidsvierings.












