Tydens die opgradering van die Tuiste is die tuine om die geboue deur ‘n landskapfirma geheel nuut uitgelê en beplant. Die standhoudende boorgat en besproeiingstelsel het dit moontlik gemaak om selfs tydens die erge droogte die tuine binne maande in ‘n lushof te omskep.

Pragtige, geplaveide paadjies tussen en om die verskillende dele van die gebou bied die inwoners die geleentheid om in ‘n veilige omgewing (met of sonder hulp) te kan stap om fiks te bly. Bankies is op verskeie plekke op die goedversorgde grasperke geplaas. Inwoners kan hier uitrus en onder andere die verbasende verskeidenheid voëls dophou.

Ekklesiapark is naby Delta Park, wat bydra tot die verskeidenheid voëls wat in ons tuine voorkom.

IMG_4664
walkwaysJPG
Mooi_tuine
gardens_5JPG
Kolganse_14.11.14
TUIN_1828
TUIN_1855
TUIN_1852
TUIN_1786
previous arrow
next arrow
IMG_4664
walkwaysJPG
Mooi_tuine
gardens_5JPG
Kolganse_14.11.14
TUIN_1828
TUIN_1855
TUIN_1852
TUIN_1786
previous arrow
next arrow
Shadow