Aftreeoord: Die pryse van die woonstelle wissel tans tussen R380 000 en R895 000. Motorhuise en afdakke kan addisioneel aangekoop word.
Die billike maandelikse heffing wat water- en elektrisiteitsverbruik insluit, wissel tans tussen R2 510 vir eenslaapkamerwoonstelle met een inwoner en R3 960 vir tweeslaapkamer- woonstelle met twee inwoners. ‘n Daaglikse middagete is hierby ingesluit.
Woonstelle in Tuiste: Tans R13 835 en R15 775 per maand insluitende beperkte verpleegtoesig waar nodig. (Etes, wasgoed- en skoonmaakdienste is ingesluit.)
Semisorgafdeling: Tussen R11 290 en R14 150 per maand (die bogenoemde dienste plus beperkte verpleeghulp is hierby ingesluit).
Sorgafdeling: Tussen R13 460 en R16 860 per maand.
‘n Nie-terugbetaalbare administrasiebedrag van R3 600 is eenmalig betaalbaar.
Die Tuiste voldoen aan alle munisipale, gesondheids- en veiligheidstandaarde en aan tersaaklike wetgewing, en gereelde inspeksies word in dié verband gedoen.