Bespreek vandag nog ‘n kuier met u geliefde!

Al wat u moet doen is om vir ‘n oop tydgleuf in die onderstaande twee kalenders te soek en dan u besonderhede in ‘n Google Form in te vul.

As u ‘n afspraak wil maak om ‘n inwoner van die “Frail care” afdeling te besoek, moet u asseblief in die eerste kalender vir ‘n oop tydgleuf kyk en dan hier kliek.

As u ‘n afspraak wil maak om ‘n inwoner van die “Semi frail care” afdeling te besoek, moet u asseblief in die tweede kalender vir ‘n oop tydgleuf kyk en dan hier kliek

Alle besprekings moet minstens 24 uur vooraf gemaak word. Besoek tye is tussen  09:00 en 16:00  met ‘n 30 minute tyd beperking. Enige afsprake wat buite die besoektye val of langer as ‘n halfuur duur sal nie toegestaan word nie en van die kalender verwyder word . Suksesvolle afsprake sal per epos bevestig word.