Aftreeoord: Die pryse van die woonstelle wissel tans tussen R400 000 en R932 000. Motorhuise en afdakke kan addisioneel aangekoop word.
Die billike maandelikse heffing wat water- en elektrisiteitsverbruik insluit, wissel tans tussen R3 215 vir eenslaapkamerwoonstelle met een inwoner en R5 060 vir tweeslaapkamer- woonstelle met twee inwoners. ‘n Daaglikse middagete is hierby ingesluit.
Woonstelle in Tuiste: Tans R17 610 en R20 080 per maand insluitende beperkte verpleegtoesig waar nodig. (Etes, wasgoed- en skoonmaakdienste is ingesluit.)
Semisorgafdeling: Tussen R14 505 en R18 010 per maand (die bogenoemde dienste plus beperkte verpleeghulp is hierby ingesluit).
Sorgafdeling: Tussen R17 140 en R21 990 per maand.
‘n Nie-terugbetaalbare administrasiebedrag van R6 000 is eenmalig betaalbaar.
Die Tuiste voldoen aan alle munisipale, gesondheids- en veiligheidstandaarde en aan tersaaklike wetgewing, en gereelde inspeksies word in dié verband gedoen.
