Aftreeoord: Die pryse van die woonstelle wissel tans tussen R425 000 en R990 000. Motorhuise en afdakke kan bykomend gehuur word.

Die billike maandelikse heffing wat water- en elektrisiteitsverbruik insluit, wissel tans tussen R4 228 vir eenslaapkamerwoonstelle met een inwoner en R4 944 vir tweeslaapkamer- woonstelle met twee inwoners. ‘n Daaglikse middagete is hierby ingesluit.

Woonstelle in Tuiste: Tans R20 630 en R23 525 per maand insluitende beperkte verpleegtoesig waar nodig. (Etes, wasgoed- en skoonmaakdienste is ingesluit.)

 Semisorgafdeling: Tussen R17 000 en R21 100 per maand (die bogenoemde dienste plus beperkte verpleeghulp is hierby ingesluit).

 Sorgafdeling: Tussen R20 080 en R25 530 per maand.

‘n Nie-terugbetaalbare administrasiebedrag van R6 800 is eenmalig betaalbaar.

 Die Tuiste voldoen aan alle munisipale, gesondheids- en veiligheidstandaarde en aan tersaaklike wetgewing, en gereelde inspeksies word in dié verband gedoen.